|
DIE BYBEL vertel ons:
(Afrikaans)
Die Bybel se daar is slegs een Weg na die Hemel
Jesus sê:
Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Goeie dade kan jou nie red nie Efesiërs 2:8. Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie, dit is die gawe van God; 9: nie uit werke nie, sodat niemand mag roem nie
Vertrou Jesus vandag! Hier is wat jy moet doen:
Erken jy is n sondaar. Romeine 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.
Romeine 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wereld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het.
1Johannes 1:10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot n leuenaar en sy word is nie in ons nie.
Wees gewillig om weg te draai van sondes (bely) Lukas 13:5 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
Handelinge 17:30 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer.
Glo dat Jesus vir jou gesterf het, begrawe was en weer opgewek is uit die dode: Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Romeine 5:8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was Romeine 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
Jesus in om jou persoonlike Redder to word deur gebed: Romeine 10:10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
Romeine 10:13 Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Wat om te bid:
Liewe Heer ek is n sondaar en het vergifnis nodig. Ek glo dat Jesus Christus Sy bloed vir my gestort het en gesterf het vir my sondes. Ek is gewillig om weg te keer van sondes. Ek nooi Christus in my hart en lewe as my persoonlike Redder.
Johannes 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat Sy Naam glo;
2 Korintiërs 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy n nuewe skepsel, die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
As jy Jesus Christus as Redder aanvaar het of iemand na die Here gelei het stel die volgende voor:
1. Lees en studeer jou Bybel elke dag sodat jy Christus beter kan leer ken. Laat n ouer christen jou lei in jou groei proses.
2 Timoteus 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as n weker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die word van die waarheid reg Psalms 119:105 Noen. U word is n lamo vir my voet en n lig vir my pad.
Praat me God elke dag in gebed: Matteus 21:22 En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.
Filippense 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
Word gedoop, aanbid, wees gemeenskaplik(gaan besoek n kerk) en dien saam met ander christene in n kerk waar Christus gepreek word en die Bybel finale outoriteit het. Matteus 28:19 Gaan dan heen, maak disciples van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles to onderhou wat Ek julle bevel het.
Hebreërs 10:25 en laat on ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meet namate julle die dag sien nadir kom.
2 Timoteus 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, to onderwysing in die geregtigheid.
Vertel ander van Christus Markus 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaam die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
1 Korinthiërs 9:16 Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie, want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!
Romeine 1:16 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. |